Nina kuier by Gracia

2019-06-14 13:25:08

jy het jou gemeenskap nodig om te help“Die tannie ken hulle almal op die naam!” is my dogtertjie Nina se eerste indruk.  “Ja, Sussie, dit is so.  Soos Jesus ons op die naam ken en ook ons storie en ons seer ken.  Hierdie tannie Trudie ken werklik en sy verstaan...”

Elkeen by Huis Gracia het ‘n storie.  ‘n Storie en sy lot seer wat hier sin en betekenis en selfs waarde kry.  Al kom ek uit ‘n kinderhuis of het swaar geleer op skool.  Seer hoef nie die einde van jou storie te wees nie.  Dit kan die begin van beter begrip, opregte liefde, omgee en deernis en opoffering vir mekaar wees.

“Daai mamma kom uit ‘n kinderhuis en die maatskaplike werker sou haar twee kinders weggevat het.  Ons wou help sodat hulle ‘n gesin kan bly.  Sy werk nou by ons as ‘n versorger.” 

“Daardie dogtertjie was so mishandel en gemolesteer deur haar ma se verskeie kêrels, sy kon nie op jou heup sit nie.  Dit was te seer.  Sy maak heeltyd goedjies bymekaar en dra klomp sakke gelyk.  Hierdie kinders is gewoond aan trek en swerf en alles wat net tydelik is.” 

‘n Ander dogter vertel ons self:  “Na my pa my op 15 finaal weggejaag het was ek vir 6 maande op straat waar ek gesteel het om te oorleef en dwelms gebruik het om te vergeet.  My 8 jarige sussie het vir my kom kuier in die tronk.  Sy het so gehuil...  Ek het besef ek moet vir haar ‘n voorbeeld wees na wie sy kan opkyk.  Nou is ek hier en my glimlag is terug en ek kry elke dag kos wat vol maak.  Ek gaan volgende kwartaal weer terug skool toe en ek wil klaar maak.  Ek wil eendag met kinders werk.”

Trudie is ma en sommer ouma vir elkeen van hierdie 74 kinders in haar sorg.  Sy het ‘n span helpers wat saam met haar werk, maar ook elke kind het iewers ‘n spesiale takie of werkie.  “Hulle moet van kleins af leer ander mense kan nie alles vir jou doen nie.”  Ek het nog altyd geglo niemand is ‘n eindverbruiker van God se gee nie.  God se gee is bedoel vir aangee.  Maar hier sien ek dit in praktyk!  En dit werk en dit gee waardigheid!  Die klein dogtertjies maak almal self hulle beddens op en die ouer dogters help om die kleintjies se hare te doen vir skool.

Trudie en haar span begin 04:00 in die oggend met die voorbereiding vir die dag.  Elkeen weet presies wat hy of sy moet doen. Alles het ‘n stelsel en ‘n ritme wat ‘n stanvastigheid en betroubaarheid bied.  “Woensdae was ons hare en Sondae sny naels.  In die oggend sing so twee liedjies en bid saam voor die kinders skool te gaan.  Hulle kan dit glad nie hanteer as ons oor iets baklei het voor skool nie.”  Ek beleef die perfekte balans van liefde en dissipline, van gesonde grense en dan die vryheid van ‘n blik brood op die kombuiskas waarvan jy mag vat wanneer jy wil, sonder om te vra.  Om regtig met jou hele hart te kan fokus op die spesiale behoeftes van hierdie stukkende kinders, moet die geoliede masjien kan loop. 

En jy het jou gemeenskap nodig om te help. “It takes a village to raise a child.” 

“Ons kinders gaan na die gewone Kliniek.  Ons het darem ‘n stoot-model bussie en klein Golfie om hulle te vervoer.  Maar soms het hulle nodig om ‘n goeie dokter sien en kan ons nie tot vyf uur die middag wag vir ‘n botteltjie Panado nie.  Twee dokters in die omgewing is bereid om ons kinders te help.”  Trudie se boetie doen die Bybelstudie op Woensdaeaande en Sondae is die kinders by verskillende kerke se Sondagskool en jeuggroepe ingeskakel.

“Ons kinders is meestal in die skole wat binne loopafstand is, behalwe vir dié wat in spesiale skole is.  Ons wil hê hulle moet sover moontlik aan alles by die skool deelneem, van sport en revue, spreekkoor en redenaars.”  En hulle presteer!  Hier is leiers en Top 10 leerlinge en met die intrapslag het ek die Noord Gauteng Sportbaadjies sien hang van die 29 kinders in die huis wat provinsiaal korfbal speel!

“Mense kyk neer op kinderhuis kinders.  Maar ons is nie vuil nie en ons kinders het nie luise nie – jy kan maar kom kyk!  Ons het ‘n wasmasjien wat 16 ure aan een kan was, een dag die lankens want elke bed het net een, een dag handdoeke en natuurlik die klere.” 

Die “getrou in die min” of “GROOT in die klein” details is vir my opvallend!  Iemand borg vir elke kind op ‘n Vrydag R10 sakgeld vir snoepie.  Soos gewone kinders.  Soos ons kinders.  Hierdie kinders is nie “sopbroodjie” kinders nie.  Hulle vat elkeen hulle eie kosblik. 

Die kamers se beddens is pynlik netjies opgemaak, want almal speel buite!  Die hele dag!  Van krieket tot sokker, konsert hou en dans en dit op ‘n koue sementblad van so 10 x 10 meter.

Oppad uit loop ons deur ‘n vertrek met foto’s van al die matriekulante en Magda met haar gradeplegtigheid.  Sy is vandag ‘n onderwyseres en haar voorbeeld spoor aan.

Die buurman wie se ore ook behoort te suis van al die vrolike baljaar langsaam, is bereid om sy huis aan hulle te verkoop vir een miljoen.  Met groot geloof en verwagting het die span op eie inisiatief ‘n projek geloods om teen 16 Junie 2017 daardie bedrag in te samel.  Dis asof ek baksteen vir baksteen saam wil bou aan hierdie droom van net daai bietjie meer spasie.  Met ‘n waterrekening van R10 000 per maand kan hulle doodeenvoudig nie ‘n paaiment bekostig nie. 

Skuins agter die huis, is ‘n groot gebou op vier erwe, lyk amper soos ‘n woonstelblok.  ‘n Weldoener het dit vir hulle gebou, maar nagelaat om dit in sy testament aan hulle te bemaak.  “Sou jy hom vat as jy dit vandag kon kry, Trudie?”  “Die speelplek verseker – ek wil so graag vir die kinders meer speelplek hê, maar nie die groot gebou nie.  Hier in hierdie huis leef ons naby aan mekaar.  Dis sommer hier op die mat waar ‘n kindjie na drie jaar uiteindelik sal oopmaak en erken haar pappa het haar gemolesteer.  Ek weet wat in elke vertrek gebeur, in elke hart, ek hou van naby wees.”


Kyk dieper, leef nader, stap saam...

See more blogs by tag

kuier, Gracia, speelplek,

NPO 0115-483

donate Now

Stories

children\'s shelter, charity Pretoria>

Contact Us

House Gracia started in 2009 with one goal in mind; to create a safe haven for underprivileged kids and kids coming from broken families and homes.

Contact: Trudie or Lizette
House Gracia

367 Burger Street
Pretoria North
Pretoria
Gauteng
0116

Call 012 546 6681
Mobile 082 610 8999

Map and Directions


Click here for directions

Contact us by email

Your Name

Your Email address

Your Phone Number

Spam Control. Opposite of light? dark or yellow?
Your Message